heilige huwelik
Ons begeer om huwelike te sien floreer in liefde en gehoorsaamheid aan Jesus en glo dat God se ontwerp vir die huwelik, soos uitgebeeld in die Bybel, dié van 'n heilige verbond tussen 'n man en 'n vrou is. Daarom is ons Alpha Huweliks voorbereiding skursus en ander huwelikskursusse ontwerp om jou huwelik te versterk en te verryk, en jou te help om 'n sterk basis te bou vir 'n vervullende en blywende verhouding, een wat Christus weerspieël.
baba danksegging
Die koms van 'n nuwe baba is 'n tyd van vreugde vir enige gesin. Dikwels wil ouers gedurende hierdie tyd hul vreugde saam met ander vier en hul kind aan God voorhou vir seën. Hierdie spesiale geleentheid is waarna ons by Beacon verwys as babadanksegging (babatoewyding) en kan óf tydens 'n Sondagdiens (voorkeuropsie) óf by die huis saam met familie en vriende gehou word. Teken HIER in vir baba-danksegging.
Geloofsdoop
Geloofsdoop is 'n publieke viering van jou verbintenis om Jesus lief te hê en te gehoorsaam deur jou nuwe lewe in Christus. Ter voorbereiding moedig ons lede aan om deel te neem aan die Geloofsdoop kursus spesifiek ontwerp om jou te help in jou geestelike vorming en dieper insig te gee in die Bybelse betekenis van gedoop word as 'n volgeling van Jesus ons Here en Verlosser.
gedenkdiens
Ons het ten doel om ons lede te dien met 'n betekenisvolle Christus-verheffende viering van die lewe vir geliefdes wat oorlede is. Deur werkswinkels, paneelbesprekings en een-tot-een berading kan ons ons lede verder bystaan met lewenseindebeplanning en voorbereiding. In noue saamewerking met goed gevestigde begrafnisdienste en finansiële beplanners voltooi ons hierdie sirkel.
Komende gebeurtenisse
- Ma. 26 MeiLangebaan26 Mei 2025 17:00 – 29 Mei 2025 21:30Langebaan, Mykonos Access Rd, Mykonos, Langebaan, 7357, South Africa